Stuifmeel

Die punt van ’n tulp se meeldraad met stuifmeelkorrels aan.
’n Mikroskopiese blik op die stuifmeelkorrels van verskillende plante.

Stuifmeel in saadplante is ’n fyn tot growwe poeier aan die punte van meeldrade wat die mikrogametofiete bevat wat die manlike gamete (spermselle) vervaardig. Stuifmeelkorrels het ’n harde laag wat die gametofiete beskerm wanneer hulle van die stempel na die stamper oorgedra word.

As stuifmeel op die stamper van ’n blom van dieselfde soort beland, ontkiem dit en vervaardig ’n stuifmeelbuis wat die sperma na die saadknoppe met die vroulike gametofiete oordra. Dit word bestuiwing genoem. Individuele stuifmeelkorrels is so klein dat ’n mikroskoop nodig is om hulle te sien.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search